1997 Annual Report
140 Downloads
Die jaar 1997 het talle uitdagings ingehou, maar die Universiteit van Stellenbosch kan met dankbaarheid op 'n tydperk van produkliewe groei en bestendigheid terugkyk. Sekerlik die belangrikste ontwikkeling vir hierdie Universiteit en aile ander hoeronderwysinstellings in Suid-Afrika was die aanvaarding van die Wet op Hocr Onderwys, wat op 19 Desember 1997 deur die President onderteken is. Hierdie promulgering is voorafgegaan deur 'n tydperk van intensiewe open bare gesprek: eers het 'n Groenskrif die lig gesien en toe verskeie weergawes van 'n Witskrif. Die universiteite het gesamentlik en ook afsonderlik die geleentheid benut om hul sieninge oor hoe die tersiere opvoedingseklor in die toekoms behoort te lyk, aan
die regering oor te dra. Dil is met dankbaarheid dat getuig kan word dat hierdie insette in bepaalde opsigtc 'n positiewe invloed gehad het op die Wet wat uileindelik aanvaar is.
Hoewel daar nog aspekte van die Wet is wat nie bevredigend is nie, kan die Universiteit sy tevredenheid met die inhoud van die Wet oor die algemeen uitspreek. In verskeie opsigte het die Universileit die bepalings van die Wet vooruitgeloop, byvoorbeeld die bepaling dat studente inspraak behoort te geniet in universiteite se hoogste besluitnemingsliggame. Studente dien geruime tyd reeds in die Raad, Senaat en fakulteilsrade. Alhoewel die Witskrif nie besonder spesifiek is oor die aard van die akademiese programbenadering wat dit vir die toekoms voorskryf nie, het die Universiteit reeds ver gevorder om hierdie konsep te analiseer.
Voorstelle is ook aan fakulleile en departemente gedoen aangaande die inwerkingstelling hiervan.
| File Name: | US Jaarverslag 1997.pdf |
| File Size: | 18.39 MB |
| File Type: | application/pdf |
| Hits: | 500 Hits |
| Download: | 140 times |
| Created Date: | 09-27-2024 |
| Last Updated Date: | 11-25-2024 |